Gereformeerde Kerk Benoni
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • POLSSLAG
    • Polsslag
    • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • POLSSLAG
    • Polsslag
    • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
Search by typing & pressing enter

YOUR CART

Pitkos vir die week 
​2016 en ouer

2017 Pitkosse is te vinde langs die preke op die preke bladsy.

14/5/2014

Doen dit met hart en siel


Psalm 34:2 NV
Doen Dit Met Hart En Siel!
As jy Saterdag jou keel hees skree by 'n balwedstryd maar Sondag stil en bedees sit wanneer dit tyd is om God te aanbid, is jy miskien meer opgewonde oor sport as oor geestelike dinge. Ai tog! Hoeveel waarde heg jy aan God en aan jou verhouding met Hom? Jy sê: 'Maar soms voel ek nie lus om God te prys nie.' Gevoelens het weinig daarmee te doen! 'n Goeie verhouding is nie op emosie gegrond nie maar op verbintenis. Die Bybel sê: '... Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God 'n offer van lof bring, die lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely' (Hebreërs 13:15 NV). Let op die woorde 'onophoudelik' en 'offer'. Vir God is die lof wat iets kos, die lof wat tel! Stel jou iemand voor met 'n goeie werk, 'n goeie gesin en goeie gesondheid wat die Here in die kerk prys. Stel jou nou iemand voor wat alleen woon, deur siekte ingehok, wat sy of haar arms oplig en sy of haar stem in lofbetuiging verhef. Watter een dink jy kry die hoogste punte? Die psalmdigter sê: 'Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word' (Psalm 113:3 NV). Hierdie psalmdigter het lofprysingstye regdeur sy dag geskeduleer: 'Ek loof U soveel keer elke dag' (Psalm 119:164 NV). Ons het tee- en koffietye, hy het lofprysingstye gehad! As jy jou omgewing en jou houding wil verander, moet jy begin om God regdeur die dag te prys. Jy sal nie net die Here seën nie, Hy sal jou op honderd en een verskillende maniere seën. Moenie iemand anders se woord hiervoor aanvaar nie - probeer dit en kyk!




7/5/2014

Fiksheidswenke uit die bybel

    Pitkos

    As jy weekliks die Pitkos wil ontvang, stuur asb 'n e-pos aan ronel@gkbenoni.co.za

    Archives

    February 2017
    December 2016
    October 2016
    September 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    May 2014

    Categories

    All Meelewing Pitkos

    RSS Feed

Kontak ons gerus hier as jy 'n navraag het

Visie

Ons visie is om God deur voortdurende metamorfose te verheerlik.

Missie

Ons missie is om die Benoni-gemeente’n plek te maak waar lidmate in liefde toegerus, gemotiveer, gelei en geleentheid gegee word om metamorfose te ondergaan sodat elkeen se roeping uitgeleef kan word.