Gereformeerde Kerk Benoni
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • Polsslag
  • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuut by ons?
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • Polsslag
  • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuut by ons?
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
Search by typing & pressing enter

YOUR CART

Bedieninguitgangspunte

Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose
Picture
Picture
Picture
Picture

Bedieningsuitgangspunte

Die volgende uitgangspunte is belangrik vir ons as gemeente:

  • Ons absolute fondament is die Woord van God. Die Skrif gee alle beginsels nodig vir die kerk en sy lidmate se lewens- en wêreldbeskouing op ’n persoonlike en korporatiewe vlak. Ons buig onvoorwaardelik voor die Woord van God. Terselfdertyd glo ons dat die kerk funksioneer binne ’n spesifieke konteks. Ons konteks is die vroeë 21e eeu, en ons glo dat die Woord effektief en relevant aan hierdie mense in hulle konteks bedien moet word. Ons maak graag van hedendaagse hulpmiddels gebruik om die Woord te kommunikeer (Powerpoint, Facebook, ens).

  •  Ons glo dat ons ’n evangeliserende (missionêre) kerk moet wees. Ons het ’n opdrag en vreugde om die Woord uit te dra aan afvalliges en ongelowiges. Daar is verskeie projekte waardeur ons hierdie opdrag van ons Here uitvoer. 

  • Ons wil ook diens lewer, in die gemeente maar ook in die gemeenskap. Ons wil graag die punt bereik waar ons onmisbaar is in ons omgewing deurdat ons die dienende gestalte van Christus self vertoon.

  • Ons glo dat die onderlinge gemeenskap (koinonia) van kardinale belang is in ’n gemeente. Die koinonia word op verskeie maniere bewerk, en ons gemeente bestaan uit wyke wat onder leiding van 'n wyksleier (diaken) op 'n gereelde basis byeenkom. Die leiers word deur die predikante opgelei om leiding te neem in hulle wyke. Daar is ’n sterk beklemtoning van die koinonia tydens die wyksbyeenkomste.

  • Die laaste pilaar in ons strategie is geestelike groei. Daar is natuurlik verskeie bedieningsareas waar hierdie saak aangespreek word: prediking, katkisasie, huisbesoek, pastoraal, Bybelstudies en ander. 
Kontak ons gerus hier as jy 'n navraag het

Visie

Ons visie is om God deur voortdurende metamorfose te verheerlik.

Missie

Ons missie is om die Benoni-gemeente’n plek te maak waar lidmate in liefde toegerus, gemotiveer, gelei en geleentheid gegee word om metamorfose te ondergaan sodat elkeen se roeping uitgeleef kan word.