Gereformeerde Kerk Benoni
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • POLSSLAG
    • Polsslag
    • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • POLSSLAG
    • Polsslag
    • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
Search by typing & pressing enter

YOUR CART

Inligting oor die gemeente

Jeug

Die gemeente plaas ’n hoë premie om die verbondsjeug. Die bediening aan die jeug word nie beskou as ’n bediening los van die algemene bediening nie, maar ons wil juis die jeug begelei om die gemeente se visie en missie uit te leef (geïntegreerde jeugbediening).

Katkisasie

Die katkisasie is gerig op geloofsvorming by die verbondskinders en word aangebied na die oggend- en jeugdienste. Geloofsvormingsklassies word tydens die oggenddiens aangebied vir voorskoolse kinders.  

Kerkraad

DIe gemeente word vanuit tweebene bedien: wyke en diensgroepe. Elke wyk het 'n wyksleier (WL) en 'n aantal wyke saam vorm 'n blok. Elke blok het 'n ouderling (BO). Die diensgroepe het elk 'n diensgroepleier (DGL) en diensgroepe in die vier bene van die gemeente word bestuur deur 'n Diensgroepouderling (DGO). Wyksleiers en Diensgroepleiers vergader saam met hulle Blok- en Diensgroepouderlinge soos nodig, maar minstens kwaartaaliks. Al die ouderlinge (daar is ook 'n paar tradisionele wyke) vorm die kerkraadsvergadering.
Picture
Picture
Kontak ons gerus hier as jy 'n navraag het

Visie

Ons visie is om God deur voortdurende metamorfose te verheerlik.

Missie

Ons missie is om die Benoni-gemeente’n plek te maak waar lidmate in liefde toegerus, gemotiveer, gelei en geleentheid gegee word om metamorfose te ondergaan sodat elkeen se roeping uitgeleef kan word.