| Lief en Leed |
| 8 September 2011 Sr Sophie Velthuisen is in die Linmed opgeneem met hartprobleme. Beterskap!
7 September 2011 Klein Stephan Jansen is gisteraand geopereer. Dit was 'n groot operasie en hy het tans baie erge pyn. Ons bid hom nou spoedige herstel toe en bid dat sy ouers krag en genade sal kry in hierdie hersteltyd. 5 September 2011 'n Neef van Donsie Kruger is die afgelope naweek oorlede. 18 Augustus 2011 Br Rene Boch het vanoggend in die Pretoria Oos Hospitaal 'n kolono- en gastroskopie ondergaan. Daar is 'n gewas in sy dikderm gevind en verwyder. Dit is gestuur vir ondersoeke of dit kwaadaardig is. Hy moet ook verdere behandeling vir sy maag kry. Ons is dankbaar dat dit onder die omstandighede goed gaan!
16 Augustus 2011 Ons is dankbaar dat die opvolgtoetse wat sr Hanlie Buys gister ondergaan het geen tekens van kanker meer getoon het nie.
4 Augustus 2011 Lionel en Liza Marchand het gister ;n seuntjie ryker geword. Hartlik geluk en sterkte met die grootmaak!
16 Augustus 2011 Ons is dankbaar dat die opvolgtoetse wat sr Hanlie Buys gister ondergaan het geen tekens van kanker meer getoon het nie.
3 Augustus 2011 Carli Buys word op 12 Augustus in die Linmed opgeneem vir 'n mangeloperasie. Ons bid dat alles goed sal afloop!
29 Julie 2011
28 Julie 2011
26 Julie 2011 Ons maak met leedwese die dood van Carmen Grobler bekend. Ons bid haar ouers en gesin die troos van ons Hemelse Vader toe! |
