Die kerkraad is besig met die beplanning vir kleingroepe in 2010. Die kleingroepe het ‘n tweeledige doel: Eerstens, om lidmate toe te rus met Bybelse waarhede en tweedens, om die koinonia (onderlinge verbondenheid en omgee/saamleef) te bevorder. Toerusting word op Sondae gegee aan die groepleiers (na die oggenddiens) deur een van die predikante. Dit geskied aan die hand van ‘n video (uit ‘n reeks waarop besluit word). Hierdie leiers vergader dan gedurende die week, op ‘n tyd wat dit sy groep pas, om weer na die video te kyk, en besprekingsvrae te hanteer (uit ‘n werkboek). Niemand word gedwing om iets te sê/vra/voorhou nie, maar almal is natuurlik welkom om insette te gee. As daar vrae is wat die groepleier nie kan beantwoord nie, vra hy op sy beurt een van die predikante, en word daar terugvoer aan die groep gegee. Die groepe vergader aan huis van een van die groepslede – dit kan een spesifieke plek/huis wees, of dit kan afwissel. Die bedieningskommissie soek na leiers, deelnemers en voorstelle vir geskikte materiaal. Kontak Rene Bosch (011-849 9992), Schalk Venter, Fanie Gouws, Helgard Potgieter of Julie Goede. Ons sal deurentyd meer inligting deurgee, en ook ‘n datum bepaal waarop alle belangstellendes bymekaarkom om ingelig te word.