Lief en Leed

Lief en Leed

INHOUD     -     Klik op enige item om direk daarna te gaan

Augustus 2010

Julie 2010

Junie 2010

Mei 2010

April 2010

Maart 2010

Februarie 2010

Januarie 2010

Desember 2009

November 2009

Oktober 2009

September 2009

Augustus 2009

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



Augustus 2010

Lief en Leed vir Augustus 2010



29 Augustus 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


  • Annetjie Erasmus het die afgelope week ‘n rugoperasie ondergaan
  • Ons dink in besonder aan almal wat tot die huis beperk is weens siekte en ook aan die kronies-siek lidmate of ander omstandighede wat hul weerhou om die eredienste bytewoon.
  • Baie geluk aan Karin Botha en Xander Smit wat gister in die huwelik bevestig is.




22 Augustus 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


  • Ds Peet Duvenage het die afgelope Maandag ’n operasie in Unitas hospitaal (Centurion) ondergaan om ’n geblokkeerde aar in sy nek te herstel. Ons is dankbaar dat dit goed afgeloop het en bid hom ’n mooi herstel toe. Hy sal op ’n later stadium ’n soortgelyke operasie moet ondergaan om ’n ander aar in die nek te herstel.
  • Oudl Paul Botes is Woensdag aan sy rug geopereer. Ons is dankbaar dat die operasie goed afgeloop het. Aan almal wat aan my gedink het en opgedra het aan die Here, Baie dankie. Rom12:36 Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dilnge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid Amen.
  • Tannie Martie Vermeulen het Dinsdag ’n operasie ondergaan om borskanker te verwyder. Ons is dankbaar dat daardie operasie ook goed afgeloop het.
  • Oom Faan Nel sterk aan in Rynpark 4




15 Augustus 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


  • Ben Steyn is ernstig siek met degeneratiewe spier-/senuweesiekte waaraan hy ly. 

  • Ben en Marthie Kruger se kleindogter (Francia-Marié) is gediagnoseer met Hodgekinson-kanker (‘n vorm van klierkanker) en sy sal binnekort met chemoterapie moet begin.  

  • Ds Peet Duvenage ondergaan eerskomende Maandag ‘n groot operasie aan sy nek (in Unitas). 

  • Sr. Mary-Ann Billing gaan hierdie week vir haar tweede oogoprasie. 

  • Sr Martie Vermeulen is met borskanker gediagnoseer, en word Dinsdag geopereer, haar seun is ook onlangs oorlede, ons bid haar troos en genade toe. 




8 Augustus 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


  • Rita Hall se broer is verlede Sondag oorlede en die begrafnis was reeds die afgelope Dinsdag gewees. Ons bid vir Rita en die familie baie troos en krag toe in hierdie tyd 

  • Ben Steyn is ernstig siek met degenratiewe spier-/senuweesiekte waaraan hy ly. Ons bid hom en die familie God se troosvolle nabyheid  




1 Augustus 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


  • Aan al ons broers en susters
    Wymie du Plessis doen altyd baie moeite om ons op hoogte te hou van lief en leed in die GKSA. In besonder ook haar passie vir ons emeriti. Maar min van ons weet van haar vreugdes en trane.
    Haar suster, Tineke, is afgelope Saterdag oorlede en die begrafnis is eerskomende Saterdag in Potchefstroom
    Aan Wymie en haar gesin betuig ons ons innige meegevoel en dra haar aan God ons Vader op dat Hy deur sy Gees hulle ryklik sal vertroos




Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



Julie 2010

Lief en Leed vir Julie 2010



25 Julie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


  • Damon February se pa is die afgelope week oorlede. Ons innige meelewing 
  • Br Ben Steyn is ernstig siek met die degeneratiewe spier-/senuweesiekte waaraan hy lei.  Ons bid die familie God se nabyheid en genade toe.  
  • Dankie aan almal wat navrae gedoen het oor Braam se sussie wat die hartoperasie gehad het.  Sy vorder goed, dit is nog die bloed se PI wat gestabiliseer moet word.  
  • Sr Mary-Ann Billing het Woensdag ’n oogoperasie ondergaan.  Ons is dankbaar dat dit goed afgeloop het.  
  • Br Faan Nel is in die Linmed opgeneem nadat hy geval het.  Ons bid hom spoedige herstel toe.  
  • Doreen Brummelkamp is die afgelope week aan haar hand geopereer    




Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



Junie 2010

Lief en Leed vir Junie 2010



13 Junie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


  • Br Faan Nel (Rynpark 6, nr 19  011 747 7637  /  072 185 8514 ) se gesondheid is nie goed nie. Ons bid hom en Ria baie sterkte toe in ’n moeilike tyd.  
  • Sr Chrismarie van Eden 082 553 7617 het ’n moesie laat uitsny wat kwaadaardig was  




6 Junie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


  • Ons is hartseer om bekend te maak dat Jan van Jaarsveld die afgelope Maandagnag oorlede is. Ons bid vir Alta, dat God haar en die kinders, Johan, Sonja en Jan, in sy liefdevolle genade en groot liefde sal toevou en versterk in hierdie tyd. Die begrafnis het Donderdag plaasgevind  




Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



Mei 2010

Lief en Leed vir Mei 2010



30 Mei 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


 
  • Ons maak met hartseer bekend die afsterwe van Johnnie Johnson (Actonville). Ons dink in ons gebede aan Poppie (078 123 3259) en die gesin en bid dat God hulle sal vertroos en versterk in hierdie tyd.  
  • Br Ben Steyn (Rynpark 7, nr 12 (011 747 7724 /083 309 4017) se gesondheid is nie goed nie en ons bid vir hom in sy omstandighede.  
  • Geluk aan Theunis Haasbroek wat gekies is vir die 0/19 Transvaal (Lions) span. Hy was een van twee 17 jariges wat gekies is, hy sal deel neem as Loskop stut.  




23 Mei 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


 
  • Jomien Amoraal (076 411 7129) se motor is verlede week gekaap. Ons is dankbaar dat sy met haar lewe daarvan afgekom het. Ons bid dat sy krag mag kry in hierdie tyd om die trauma te verwerk.  
  • Hannes Venter (083 230 2624) is die afgelope week geopereer, en is weer tuis.  
  • Faan Nel (072 185 8514) se gesondheid is nie baie goed op die oomblik nie en sal na alle waarskynlikheid in die komende week duidelikheid kry oor sy diagnose.  
  • Jan van Jaarsveld (078 743 1232) is verlede week gediagnoseer met longkanker  
  • Geluk aan Karin Botha en Zander Smith met hul verlowing  




16 Mei 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


 
  • Johnny Johnson is in die hospital na ‘n beroerte aanval.  
  • Geluk aan Denise le Roux wat swanger is  
  • Geluk aan Sanet en Chris vanKrieken met hul dogtertjie Lente wat donderdag gebore is.  
  • Jan van Jaarsveld (078 743 1232) het ’n terugslag gehad tydens sy ondersoeke die afgelope Maandag en is opgeneem in die ICU van Unitas-Hospitaal in Centurion maar later in die week oorgeskuif na ’n gewone saal. Hy het Woensdag ook die slegte nuus ontvang dat hy longkanker het. Ons bid vir hom en Alta dat God hulle in sy groot genade sal dra en versterk.  




9 Mei 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


 
  • Gerrie van Jaarsveld (0829700684) het weer ’n nieroperasie ondergaan en is steeds in Linmed  
  • Rita Hall (0722726040) is tuis nadat sy in Linmed gehospitaliseer was na ’n erge epilepsie-aanval verlede Sondagoggend  
  • Ons dink aan Jan van Jaarsveld (078 743 1232) met wie se gesondheid dit nie aldag lekker gaan nie. Hy het weer ondersoeke by Unitas-Hospitaal in Centurion ondergaan  
  • Oom Ryno Verster is tans vir ’n paar dae in die ‘Frail Care’ Versorgingsafdeling van Rynpark 1  
  • Baie geluk aan Leoni du Plessis en Rozaan Peenze met hulle onderskeie swangeskappe  




2 Mei 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


 
  • Br Gerrie van Jaarsveld is in die hospitaal opgeneem vir ’n verdere operasie vir sy nierprobleem. Ons bid hom sterkte en spoedige herstel toe.  




Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



April 2010

Lief en Leed vir April 2010



4 April 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede


  • Jan Bakker (011 849 7766) se heup operasie was suksesvol en hy moet nog 'n rukkie in Unitas hospitaal bly.

  • Gerry  van Jaarsveld (082 970 0684) is nog nie heeltemal herstel na sy nier operasie nie. Hy moet dalk weer 'n opvolg operasie hê.

  • Arina Lubbe (076 767 9666) sterk nog tuis aan na haar galblaas operasie.

  • Tannie Ann Mackay(0736569582) het moontlik asbestose en moet hierdie week ’n pulmonoloog sien. 

  • Anneke Salomon ( 084 840 4577) ondergaan toetse vir haar behandeling van kanker.

  • Wynand v.d. Wateren (083 658 3819) het 'n skuoer operasie gehad.

  • Gideon Hall (072 283 7843) is Dinsdag weer opgeneem in Little Co of Mary hospitaal. Sy vervangde knie het inflamasie gekry.  
    Baie geluk aan die volgende lidmate

  • Hendrik en Breggie, verwag ‘n baba.

  • Verlede week het Ian du Preez getrou

  • Komende week trou Tewie Barnard met Helen Ysel.

Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



Maart 2010

Lief en Leed vir Maart 2010



28 Maart 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



    · Jan Bakker (011 849 7766)gaan eerskomende Maandag vir ‘n heupvervanging, ons bid hom sterkte en ‘n vinnige herstel toe.
    · Gideon Hall (011 747 7581) is uit Rynmed ontslaan na sy knieoperasie.  Ons bid vir hom spoedige herstel toe.
    · Gerry  van Jaarsveld (082 970 0684) het Saterdag 26 Mrt 'n nieroperasie ondergaan.  Sterkte toegebid!
    · Arina Lubbe het die afgelope week ‘n galblaasoperasie ondergaan.

21 Maart 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



    · Anneke Salomons gaan hierdie week vir toetse, mag God haar en die familie in sy groot liefde en genade toevou
    · Ria Venter 082 557 7198 se moeder is die afgelope week oorlede ons bid haar en die familie God se vertroostende hand oor hulle in hierdie tyd.

14 Maart 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



    · Gideon Hall het die afgelope week ’n knievervanging in Little Company of Mary (Pretoria) ondergaan.
    · Louis Kruger (Koos Kruger se pa) Daar lê nog ‘n lang rehabilitasieproses voor na Oom Louis se operasies ons bid hom en die familie sterkte toe
    · Ons gedagtes en gebede gaan uit vir die familie van Oom Koos Coetzee wat Saterdag oorlede is.
    · Baie geluk aan Willem en Yolandi Snyman wie se seuntjie, Lian, die afgelope Maandag in Linmed gebore is. Alles het goed afgeloop en dit gaan goed met ma en seun.
    · Ben  Steyn van Rynpark 7 het groot probleme met motoriese  bewegings en is tans aan 'n rystoel gebonde.  Dis 'n groot aanpassing vir hom en sy gesin en ons wens hulle sterkte toe
    · Francois Le Roux se vader is die afgelope week oorlede. Ons bid julle troos toe in hierdie tyd.

7 Maart 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



    · Ria Nel ( 072 185 8514) is vir haar galblaas geopereer.

    · Oom Koos Coetzee is ook baie verswak met kanker wat verprei het. ons bid hom en die familie baie sterkte toe
    · Sr Ann Botes se broer is terminaal siek met kanker.
    · Louis Kruger (Koos Kruger se pa) is steeds in die Parkland hospitaal na `n baie groot operasie. Hy het intussen nog twee kleiner operasies ondergaan weens wonde wat nie wil genees nie. Daar lê `n lang rehabilitasieproses voor wanneer hy ontslaan word. Hy en sy familie het steeds voorbidding baie nodig.

>

Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________





Februarie 2010

Lief en Leed vir Februarie 2010



28 Februarie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



    · Ria Nel (072 185 8514) word vandag vir ’n galblaas-operasie (môre) opgeneem

    · Louis Kruger (Koos Kruger se pa) is steeds in die Parkland hospitaal na `n baie groot operasie. Hy het intussen nog twee kleiner operasies ondergaan weens wonde wat nie wil genees nie. Daar lê `n lang rehabilitasieproses voor wanneer hy ontslaan word. Hy en sy familie het steeds voorbidding baie nodig.



28 Februarie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



    · Ria Nel (072 185 8514) word vandag vir ’n galblaas-operasie (môre) opgeneem

    · Louis Kruger (Koos Kruger se pa) is steeds in die Parkland hospitaal na `n baie groot operasie. Hy het intussen nog twee kleiner operasies ondergaan weens wonde wat nie wil genees nie. Daar lê `n lang rehabilitasieproses voor wanneer hy ontslaan word. Hy en sy familie het steeds voorbidding baie nodig.



21 Februarie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



    · Francois le Roux se pa is gediagnoseer met leukemie. Hy is in Prtoria vir nog toetse en behandeling. Die familie word aan die Here opgedra in hierdie moeilike tyd.

    · Sr Rina v/d Berg ondergaan Vrydag ʼn operasie. Spoedige herstel toegebid.

    · Verskeie lidmate met eie besighede en natuurlik werknemers van besighede kry maar swaar in die ekonomiese drukte. Oorhoofse koste moet betaal word deur eienaars/bestuurders en werkers staan gevaar om afgelê te word. Ons bid dat die Here spoedige uitkoms sal gee!

14 Februarie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



    · Oom Koos Coetzee het die afgelope Maandag ’n rugoperasie in Glynwood-Hospitaal ondergaan. Ons is baie dankbaar dat alles goed afgeloop het en ons bid dat hy mooi sal herstel.

    · Oom Koos Coetzee se seun, Nic (072 195 8246), moet ’n operasie ondergaan om sy galblaas te verwyder nadat hy die afgelope tyd baie pyn en las van galstene gehad het. Ons wil graag vir hom toebid baie sterkte en ’n mooi herstel.

    · Betsie du Preez (078 348 2238) ondergaan eerskomende Maandag ’n heupvervanging in die Eugene Marias Hospitaal in Pretoria. Sy word alreeds Sondag opgeneem. Baie sterkte vir haar!

    · Stephan Jansen (Wickus: 083 633 2732 / Amanda: 083 310 9978) is ontslaan uit Linmed.

    · Oom Faan Nel is gehospitaliseer vir toetse en behandeling en tannie Ria moet ook binnekort vir verder ondersoeke gaan (072 185 8514). Baie sterkte vir hulle albei toegebid.

    · Tannie Anne Botes (011 747 7071) se broer, Jan, is ernstig siek aan kanker. Ons dra hom aan die troue sorg van ons Hemelse Vader op.

    · Baie geluk aan Wynand van der Wateren (083 658 3819) wat verkies is tot die VLR van Brandwag Hoërskool!


3 Februarie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



    · Oom Koos Coetzee het die afgelope Maandag ’n rugoperasie in Glynwood-Hospitaal ondergaan. Ons is baie dankbaar dat alles goed afgeloop het en ons bid dat hy mooi sal herstel.

    · Oom Koos Coetzee se seun, Nic (072 195 8246), moet ’n operasie ondergaan om sy galblaas te verwyder nadat hy die afgelope tyd baie pyn en las van galstene gehad het. Ons wil graag vir hom toebid baie sterkte en ’n mooi herstel.

    · Betsie du Preez (078 348 2238) ondergaan eerskomende Maandag ’n heupvervanging in die Eugene Marias Hospitaal in Pretoria. Sy word alreeds Sondag opgeneem. Baie sterkte vir haar!

    · Stephan Jansen (Wickus: 083 633 2732 / Amanda: 083 310 9978) is ontslaan uit Linmed.

    · Oom Faan Nel is gehospitaliseer vir toetse en behandeling en tannie Ria moet ook binnekort vir verder ondersoeke gaan (072 185 8514). Baie sterkte vir hulle albei toegebid.

    · Tannie Anne Botes (011 747 7071) se broer, Jan, is ernstig siek aan kanker. Ons dra hom aan die troue sorg van ons Hemelse Vader op.

    · Baie geluk aan Wynand van der Wateren (083 658 3819) wat verkies is tot die VLR van Brandwag Hoërskool!

Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



Januarie 2010

Lief en Leed vir Januarie 2010



27 Januarie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



• Oom Koos Coetzee word nog in Glynwood behandel.

• Louis van Zyl (Bella: 084 560 3037) is weer op die been na sy hospitalisasie.

20 Januarie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



· Oom Bertus Noppe ondergaan nog rehabilitasie in Rynmed.

· Oom Koos Coetzee word nog in Glynwood behandel.

· Tannie Ria Nel (072 185 8514) het gister ondersoeke in Pretoria-Oos Hospitaal ondergaan.

· Louis van Zyl (Bella: 084 560 3037) word gehospitaliseer vir ’n besering wat hy op die sportveld opgedoen het.

Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



13 Januarie 2010 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



· Oom Berttus Noppe ondergaan nog rehabilitasie in Rynmed.

· Frank Cotton (082 808 3301) ondergaan eerskomende Vrydag of Maandag ’n operasie in Glynwood. Baie sterkte toegebid!

· Tannie Ria Nel (072 185 8514) was die afgelope week steeds gehospitaliseer in Linmed, maar is weer ontslaan. Beterskap word haar toegebid.

· Riana de Bruyn (082 460 8041) het die afgelope week toetse ondergaan en ons is dankbaar om te verneem dat sy steeds skoon is van kanker. Ons loof en dank die Here saam met haar vir God se goedheid!

· Ons bid vir oom Gert Yssel wie se gesondheid baie versleg het, maar ook vir tannie Corrie Yssel en die kinders (tannie Corrie: 082 578 4094) wat belangrike besluite moet neem aangaande die versorging van oom Gert in die toekoms. Ons weet dit is ’n moeilike tyd vir julle almal, en ons bid God se krag en leiding vir julle elkeen toe.

Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



Desember 2009

Lief en Leed vir Desember 2009



10 Desember 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



· Ons bid Ria Kruger (083 282 4136 / 011 849 2633) God se troos en nabyheid toe in hierdie dae na oom Jan se afsterwe. Ons bid ook in die besonder dat ons hemelse Vader haar krag sal gee tydens die begrafnis wat môre plaasvind en dat Hy haar sal dra en toevou is sy groot genade en liefde.

· André Bakker (072 390 4588) was Maandag in ’n vliegongeluk tydens ’n nat landing in George, maar ons is baie dankbaar dat niemand ernstig seergekry het nie. Andre is vir ’n week afgeboek en ons bid hom rus en herstel toe en dat die trauma daarvan verwerk mag word. Mens besef maar weereens dat vlieëniers ’n hoë risiko werk beoefen en dra hulle almal op in ons gebede.

· Hannes Venter (083 230 2624) het gister ’n heupvervanging in Linmed ondergaan. Ons is dankbaar dat dit mooi afgeloop het en bid hom herstel toe.

· Oom Bertus Noppe word steeds in Linmed versorg na sy beroerte verlede week. Hy sal moontlik nog drie dae in Linmed wees waarna hy vir ’n tydperk van drie weke rehabilitasie sal ondergaan in Rynmed.

· Ds Louis Aucamp (predikant van Kempton Mooifontein) het ’n ligte hartaanval gehad en is in Arwyp-hospitaal daarvoor behandel.

· Ds Ben Fourie (predikant van Kameeldrift in Pretoria) het ’n baie groot operasie ondergaan om ’n skeur in sy aorta te herstel. Dit was ’n baie delikate en riskante operasie, maar alles het deur die genade goed afgeloop. Sy seun, Reynold, is predikant in Boksburg-Suid en daarom wil ons graag mee leef met die geliefdes van een van ons buurgemeentes.

· ’n Gebedsversoek is ontvang om voorbidding te doen vir boere in die Oos-Kaap en Tuinroete, waar dit baie swaar gaan weens uitgerekte droogte. Ons bid werklik vir uitkoms in daardie dele van ons land.

2 Desember 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



· Tim Buma (082 494 9663) is gister geopereer in Klerksdorp en is reeds ontslaan.

· Doktor Sarel staan steeds onder beroep na Nelspruit en Windhoek en moet eerskomende Sondag antwoord op die beroep na Nelspruit. Doen asb vir hom voorbidding vir die besluite wat geneem moet word.

Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________



November 2009

Lief en Leed vir November 2009

23 November 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



· Arina Lubbe (076 767 9666) ondergaan vandag ’n skoueroperasie in Linmed. Baie sterkte!

· Stephan Jansen (Amanda: 083 310 9978) is ontslaan uit Arwyp Hospitaal maar dit wil steeds maar nie lekker gaan met hom nie.

· Jan Bakker (011 849 7766 / Lottie: 083 998 4423) is vanoggend ontslaan uit Pretoria-Oos Hospitaal na sy rugoperasie.

· Tim Buma (082 494 9663) ondergaan volgende Dinsdag ’n operasie in Klerksdorp. Baie sterkte daarvoor!

· Benewens die beroep wat ek verlede Sondag na Nelspruit ontvang het, is ek die afgelope Sondag ook na Windhoek beroep en vra asb voorbidding hiervoor.

15 November 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



· Br Corrie Lourens is weer aan sy arm (wat beseer is toe hy beroof is) geopereer. Daar is probleme met twee van die vingers. Ons bid hom en Ina sterkte toe.

· ’n Broer van Jaap Bekker (011 849 1300), Jan, is steeds in ’n ernstige toestand in die Little Co of Mary Hospitaal in Pretoria.

· ’n Suster van Babs Marais (083 949 1498) het uitstekend gereageer op behandeling vir lekeumie en toetse toon geen teken van kanker nie.

· Dit gaan nie goed met Ria Venter (082 5577 198) se ma nie. Ons bid vir krag en God se troosvolle nabyheid.

· Oom Ryno Verster (084 416 1730) word tans in Rynmed (Rynpark 1) versorg.

· Bid asb vir die vergadering van Oostelike Streeksinode wat vanaf volgende Dinsdag 17 November in ons kerkgebou vergader. Mag God se Naam groot gemaak word deur die besprekings en besluite.

4 November 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



· Oom Bertus Noppe (084 958 8001) is in Glynwood opgeneem vir behandeling.

· Oom Ryno Verster (084 416 1730) word tans in Rynmed (Rynpark 1) versorg.

Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________




Oktober 2009

Lief en Leed vir Oktober 2009

18 Oktober 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



Lidmaat Besonderhede Telefoon Adres
Miemie v. Nieuwenhuizen Ondergaan Woensdag, in Linmed, 'n knie-operasie. Baie sterkte toegebid!. 011 849 8339  
Rita Hall Is die afgelope Maandag in Kloof Medi Clinic (Pretoria) opgeneem vir ondersoeke. en toetse en is intussen weer ontslaan. 073 283 7843  
Johan Bezuidenhout Het die afgelope Saterdag sy enkel gebreek en moes intussen ondersoeke ondergaan. om die behandeling daarvan te bepaal. Dit blyk nou dat sy been op twee plekke gebreek is en hy sal binnekort ge-opereer moet word om penne in die been te sit 083 229 5551  
Sonja Scholtemeyer Se pa is die afgelope week in Mosambiek aan malaria oorlede. Ons bid vir haar en Jakes in hierdie beproewingsvolle tyd en bid hulle baie krag en troos toe. . 082 491 3520  
Ons gebede gaan uit na elkeen wait in hierdie tyd onder groot finansiele druk gebuk gaan. Mag God julle deur hierdie tye dra en julle verseker van Sy troue nabyheid.  


7 Oktober 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



Lidmaat Besonderhede Telefoon Adres
Pieter Hatting Ons dink in ons gebede aan Lynette Hattingh, klein Anri en die hele familie met die afsterwe van Pieter. Mag God julle almal in sy liefde en groot genade toevou en julle verseker van sy troosvolle nabyheid. Lynette: 084 817 0581  
Ria Ferreira Ria Ferreira is die afgelope Sondag-middag oorlede. Ons bid haar man Pieter baie troos toe in hierdie beproewingsvolle tyd.    
Harrie Ligthelm Harrie Ligthelm se vader is verlede week oorlede. Troos en krag word julle almal toegebid. Harrie: 083 457 6755  
Hennie Pretorius ’n Broer van Hennie Pretorius is voorverlede week oorlede en die begrafnis was die afgelope Vrydag gewees. Baie krag word julle almal ook toegebid. Hennie: 083 266 0460  
Rita Hall Rita Hall is die afgelope naweek kort op die hakke van ’n vorige hospitalisasie in Linmed behandel en ons is dankbaar dat dit weer beter gaan. Rita: 072 283 7843  
Riana de Bruyn Riana de Bruyn het die afgelope Maandag ’n operasie ondergaan in Kloof Medi Clinic (Pretoria). Baie sterkte en beterskap! Riana: 082 460 8041  
Hannes Venter Hannes Venter het ’n operasie aan sy elmboog gehad. Beterskap daarmee! Hannes: 083 230 2624  
Mary Ann Billing Mary Ann Billing sukkel met haar been en kry tans behandeling daarvoor. Mary Ann: 083 448 5276  
Evangeliesasiekommissie Bid asb vir ons gemeente se evangeliesasiekommissie wat Sondag na KwaZulu-Natal vertrek om Bybels te versprei. Ry veilig en ons bid dat julle arbeid groot vrug mag dra.    


Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________





September 2009

Lief en Leed vir September 2009

13 September 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



Lidmaat Besonderhede Telefoon Adres
       


6 September 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



Lidmaat Besonderhede Telefoon Adres
Moira Kloppers; was die afgelope Donderdag in 'n slegte motorongeluk op die R21. Sy het nie ernstig seergekry nie, maar haar kar het, en is afgeskryf. Sy was vir ondersoek in Pta-Oos Hospitaal. Ons bid haar 'n mooi herstel toe. 082 480 3338  
Riana de Bruyn het die afgelope week opvolgtoetse ondergaan na haar kankerbehandeling van vroeer en ons verneem dankbaar dat die toetse toon dat sy skoon is van kanker. 082 460 8041  
Tannie Doreen Brummelkamp het geskuif na 'n nuwe kamer. Sy is nou in wooneenheid nr 22 in Rynpark 1 se hoofgebou. 082 708 4993  
Carmi van der Walt is die afgelope week behandel vir longontsteking Anina: 084 990 9080  
  Met leedwese maak ons bekend die afsterwe van ds WL (Willie) Kuperus - emerituspredikant van GK Edenvale op 3 Sept 2009.    


Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________





Augustus 2009

Augustus 2009

30 Augustus 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



Lidmaat Besonderhede Telefoon Adres
Anrie Hatting se mangels word volgende week verwyder word    
Judy van Deventer Se galstene is beter    
Pieter Hatting asook sy gesin    
Dorothy Kruger ondervind nog probleme met haar voet    
Marni Bakker se mangels is die afgelope Vrydag uitgehaal. Ons hoop sy voel gou beter. Cornelia: 083 556 3028  


23 Augustus 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede



Lidmaat Besonderhede Telefoon Adres
Mike Dekker (15) Mike is voorverlede week aan Varkgriep oorlede. Die begrafnis het reeds die afgelope week plaasgevind. Ons innige meegevoel met Reddersburg Kinderhuis, vir die verlies.   Reddersburg Kinderhuis
Chris Nothnagel is uit die hospitaal ontslaan en sterk tans by vriende aan.   Kanna straat 56
Pieter Hatting is in die Benoni Hospice opgeneem en is onder verdowing. Ons vra vir voorbidding vir homn en sy gesin. Lynette: 084817 0581  
Hans Grobler Se dogter, Annika Grobler, is steeds siek en was weer die afgelope week in die hospitaal.    
Charlotte Vorster is in die Kosmos versorgingseenheid in Van Dyk-park opgeneem. 071 121 6405  
Tannie Doreen Brummelkamp het die afgelope week nog behandeling vir longontsteking ontvang. 082 708 4993  
Judy van Deventer is met galstene gediagnoseer. Sy sterk tans tuis aan. 072 414 8393  


16 Augustus 2009 - Ons hou graag die volgende mense in ons gebede en Aan almal wat platgetrek was met griep, wens ons sterkte en beterskap toe.



Lidmaat Besonderhede Telefoon Adres
Mary-Ann Billing het 'n elmboog operasie gehad en word sterkte toegewens.    
Andre Venter het baie komplikasies en infeksies opgedoen, ons bid hom sterkte toe.    
Hans Grobler is in die Benoni Hospice opgeneem en is onder verdowing. Ons vra vir voorbidding vir homn en sy gesin. Lynette: 084817 0581  
Tannie Doreen Brummelkamp is in Rynpark 1 opgeneem en sterk aan.    
Bella van Zyl is ontslaan uit die hospitaa1.    
Hendrien Prinsloo word behandel vir haar rugprob1eem.    
Susan Stape1berg se pa is die afgelope Vrydagoggend oor1ede aan breinkanker. Ons bid Susan en die gesin en familie troos en krag toe in hierdie dae. 072 414 8393  


Klik hier om terug te gaan na INHOUD


____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________






Unique Visits :-

Gebeure

<< September 2010 >>
Su Mo Tu We Th Fr Sa
      1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30    

Admin Lede Aanlyn

Gaste Aanlyn: 4

Lede Aanlyn: 0

Totale Lede: 56
Nuutste Lid: Cobus Kruger

Forum Items

Nuutste Item
Geen Items geskep nie
Beste Item
Geen Items geskep nie

Aanteken

Lid naam

Wagwoord



Nog nie n Lid nie?
Klik hier om te registreer.

Jou wagwoord vergeet?
Vra n nuwe een hier.

Lede Stemming

Kan die kerkraad voortgaan met nagmaalsbediening soos tydens die Augustus-nagmaal?







Jy moet aanteken om te stem.

Nog Links en RSS

Latest News
Latest Posts

Boekmerk hierdie

Sosiaal

Persoonlik

Tegnies

Nuus

Blog

Algemeen


Kopiereg © gkBenoni 2009
Powered by PHP-Fusion copyright © 2002 - 2010 by Nick Jones.
Released as free software without warranties under GNU Affero GPL v3.
Verwerk tyd: 0.10 sekondes | 1,950,699 Spioene | jQ Blog