25 Goeie Reëls

1. Die beste manier om iemand terug te kry is om te vergewe...
2. Voed jou geloof en jou twyfel sal sterf van die honger...
3. Tensy jy die HELE skepping kan skep in 5 dae, is dit miskien nie so goeie idee om vir God voor te skryf nie.
4. Hartseer kyk terug, bekommernis rondom heen en geloof na bo....
5. Suksesvolle huwelike is nie om die regte persoon te vind nie maar om die regte persoon te wees...
6. Dit is nie verkeerd om so nou en dan op jou selfbejammerings potjie te sit nie, maak net seker dat jy dit spoel wanneer jy klaar is...
7. As die gras groener is aan die ander kant van die draad kan jy verseker wees dat die water rekening ook hoër is...
8. Woede is 'n toestand waar die tong vinniger werk as die verstand..
9. Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan die huidige ruïneer deur te bekommer oor die toekoms...
10. God gee altyd Sy beste aan hulle wat die keuse aan Hom oorlaat...
11. Alle mense glimlag in dieselfde taal...
12. 'n Drukkie is 'n groot geskenk ........ "one size fits all"...
13. Almal verdien om bemin te word.... veral hulle wat dit nie verdien nie...
14. Die werklike maatstaf vir 'n man se rykdom is wat hy belê het in die lewe hierna...
15. Elke een het skoonheid maar nie almal sien dit nie...
16. Dank God vir wat jy het en VERTROU HOM vir wat jy benodig...
17. Indien jy jou hart vul met verwyte oor gister en die bekommernisse van môre, het jy geen vandag om voor dankbaar te wees nie...
18. Indien iemand iets slegs van jou sê, leef so dat niemand dit glo nie...
19. Geduld is die vermoë om jou "engine te laat idle" terwyl jy voel jy wil jou" gears strip"...
20. Harde woorde breek nie bene nie maar wel harte...
21. Liefde word versterk deur saam deur konflik te werk...
22. Om uit die moeilikheid te kom, moet mens gewoonlik daardeur...
23. Ons neem as vanselfsprekend die dinge aan waarvoor ons moet dankie sê ...
24. Liefde is die enigste ding wat verdeel kan word sonder dat dit minder word...
25. Neem tyd om te lag want dit is die musiek van die siel... Unique Visits :-

Gebeure

<< September 2010 >>
Su Mo Tu We Th Fr Sa
      1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30    

Admin Lede Aanlyn

Gaste Aanlyn: 4

Lede Aanlyn: 0

Totale Lede: 56
Nuutste Lid: Cobus Kruger

Forum Items

Nuutste Item
Geen Items geskep nie
Beste Item
Geen Items geskep nie

Aanteken

Lid naam

Wagwoord



Nog nie n Lid nie?
Klik hier om te registreer.

Jou wagwoord vergeet?
Vra n nuwe een hier.

Lede Stemming

Kan die kerkraad voortgaan met nagmaalsbediening soos tydens die Augustus-nagmaal?







Jy moet aanteken om te stem.

Nog Links en RSS

Latest News
Latest Posts

Boekmerk hierdie

Sosiaal

Persoonlik

Tegnies

Nuus

Blog

Algemeen


Kopiereg © gkBenoni 2009
Powered by PHP-Fusion copyright © 2002 - 2010 by Nick Jones.
Released as free software without warranties under GNU Affero GPL v3.
Verwerk tyd: 0.04 sekondes | 2,047,230 Spioene | jQ Blog