Gereformeerde Kerk Benoni
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • WEEKLIKSE POLSSLAG
    • Polsslag
    • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • WEEKLIKSE POLSSLAG
    • Polsslag
    • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
Search by typing & pressing enter

YOUR CART

Wat glo ons?

BELYDENISSKRIFTE

Elke geloofsgemeenskap het 'n basiese uiteensetting van sy verstaan van God en God se Woord.  Hierdie stellings worddikwels belydenisskrifte genoem (creed).  Die Gereformeerde Kerk Benoni aanvaar drie algemene belydenisse en drie spesifiek-gereformeerde belelydenisse omdat dit ooreenkom met die Skrif.  Hulle is:


  • Apostoliese Geloofsbelydenis (12 Artikels)
  • Belydenis van Nicea
  • Belydenis van Athanasius
  • Nederlandse Geloofsbelydenis
  • Heidelbergse Kategismus
  • Dordtse Leerreëls

Lees dit hier

SAMEVATTENDE GELOOFSTELLINGS

Ons kan die kern van ons geloofsoortuigings só opsom:

  • Ons aanvaar die Bybel as die onfeilbare Woord van God.  Dit het gesag oor die mens se lewe;
  • Ons glo in God soos Hy hom in die Bybel openbaar, nl as een God wat bestaan in drie persone, die Vader, Seun en Heilige Gees;
  • Jesus Christus is God, wat mens geword het deur uit ‘n maagd gebore te word. Hy het ‘n sondelose lewe geleef, gepreek en wonders gedoen. Deur sy dood aan die kruis het Hy versoening gebring deur die offer van Sy bloed.  Hy het liggaamlik opgestaan, het opgevaar in die hemel en regeer vandaar oor die kerk. Hy sal in persoon terugkom in mag en eer;
  • Alle mense is van nature vyande van God en het nodig om deur die Gees wedergebore word om redding te verkry;
  • Die Heilige Gees is in hierdie bedeling werksaam in die dissipels van Jesus en lei dissipels in ‘n heilige lewe;
  • Ons glo dat alle mense, gelowig en ongelowig, liggaamlik sal opstaan uit die dood en voor God se regterstoel sal verskyn tot ‘n ewige oordeel of vryspraak;
  • Ons glo dat die gelowiges wêreldwyd ‘n geestelik eenheid vorm in Jesus Christus. 
Picture

GEREFORMEERD WEES

Die Gereformeerde Kerk Benoni is gereformeerd.  Maar wat beteken dit as ons sê dat ons gereformeerd is?  Daar is 'n aantal hoofstrome van Christelike kerke, o.a.                                    Rooms Katoliek, pentakostalisties/charismaties, ortodoks en  gereformeerd.  As ons sê dat ons gereformeerd is, dan beteken dit wel dat ons onsself in 'n sekere hoofstroom plaas.  Ons wil egter nie onsself negatief definieer nie, en stel daarom dat ons die volgende sake van groort belang ag in ons kerkwees:

  • Ons weet dat ons deur God se genade is wat ons is, deur sy genade gered is.  Ons kies Hom nie, maar Hy het ons eerste lief (Sola gratia).
  • Ons weet verder dat die genade van God geloof in ons wek.  Anders gesê, die Heilihge Gees woon in ons, vervang die hart van klip met 'n hart van vleis, 'n geestelike hart, wat in die geloof aan God se genade vasgryp (Sola fide).
  • Ons weet ook dat ons self niks bydra totons saligheid nie.   Jesus Christus het aan die kruis gesterf en sy offer aan die kruis is genoegsaam vir ons volkome redding. Daar hoef  niks hierby bygevoeg te word nie! (Sola Christo)
  • Ons bely dat God kenbaar is.  Hy openbaar Homself. En hoewel ons uitdie natuur van Hom kan leer ken, leerons Hom by name ken in die Bybel.  Alles wat noodsaaklik is om te weet het God vir ons daarin laat opteken deur geïnspireerde Bybelskrywers.  Die Gees verlig ook die mens se verstand en gees sodat hy die Skrif op homself kan toepas in alle lewenssituasies (sola Scriptura). 
  • Ten slotte gaan alles oor die eer van God. Ons is geskape om Hom te verheerlik, ons is daar vir Hom, nie Hy vir ons nie.  Niks moet ons aandag afneem van die aanbidding van die ware God nie (Sola Deo gloria). 
Picture
Kontak ons gerus hier as jy 'n navraag het

Visie

Ons visie is om God deur voortdurende metamorfose te verheerlik.

Missie

Ons missie is om die Benoni-gemeente’n plek te maak waar lidmate in liefde toegerus, gemotiveer, gelei en geleentheid gegee word om metamorfose te ondergaan sodat elkeen se roeping uitgeleef kan word.