| Actonville was tydens die vorige politieke bedeling deur wetgewing afgesonder vir Kleurling- en Indiër-inwoners. Daar het jare gelede reeds hier ’n gemeente ontstaan deur die arbeid van pioniers uit Benoni gemeente se sending- en evangelisasiewerk. Met die ontbinding van Sinode Middelande is hierdie gemeente onder KO Art 39 onder die sorg van hierdie gemeente gestel. Hierdie lidmate maak nou een van die wyke van die gemeente op, wat meestal deur leesdienste deur ’n ouderling op Sondae, en ’n Bybelstudie op Woensdagaande bedien word, maar geheel deel is van die gemeente. Hulle woon dus gereeld hier by ons eredienste by.
|