| Geskiedenis |
| Die eerste Gereformeerde gemeente ontstaan in 1935 hier in Benoni aan die Oosrand. Hier is baie myne en nywerhede, ook baie mense wat elders werk en hier woon. In 1969 stig Benoni-Noord af van Benoni, maar in 2009 word die twee gemeentes weer een. Beide gemeentes was geestelik en finansieel kerngesond. Die rede vir eenwording was dat ons graag as ’n groter, dinamiese gemeente ’n groter impak in Benoni wil maak. |
