| Samestelling |
| Die gemeente bestaan uit ongeveer 730 lidmate, groot en klein. Daar is nog ’n gemeente in Benoni, Noord Oosrand. Die lidmate wat deur Benoni-gemeente bedien word is meestal inwoners van die voorstedelike gebiede, soos Northmead, Farrarmere, Rynfield. Morehill en Atlasville (in Boksburg se stadsgrense). Daar is nie meer so baie myne nie, maar wel baie industrieë. Die lidmate is ’n diverse groep, met uiteenlopende beroepe vanaf die bestuursvalk tot vakmanne en alles tussen-in. Ongeveer die helfte van die gemeente is onder 50 jaar oud. Meer as 200 is in die ouderdomsgroep 20 – 40. |
