Gereformeerde Kerk Benoni
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • Polsslag
  • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuut by ons?
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
  • Tuis
  • Wie is ons?
    • Wat glo ons?
  • Polsslag
  • Geloofsvrae & antwoorde
  • Kontak Ons
    • Gebedsversoeke
    • Kaart
    • Vra jou geloofsvraag hier
  • Nuut by ons?
  • Nuus en bydraes
  • Preke klankopnames
  • Pitstop Bybelstudies & Oordenkings
  • 4D Kids bediening
  • Turn2Us
Search by typing & pressing enter

YOUR CART

KORT  GESKIEDENIS

Gemeente Brakpan ontstaan in 1926 en Benoni word later ’n gemeente in 1935.  
In 1969 stig Benoni-Noord af van Benoni. In 2009 word die twee gemeentes weer een. Deur eenheid word ons 'n groter, dinamiese gemeente. Dit is ons uitdruklike bede dat die gemeente ’n groter impak in Benoni wil maak.  

wat glo ons?
Visuele Bedieningstrategie

STRATEGIE

Die gemeente se bede is om 'n bruikbare instrument in die hand van God te wees binne Sy koninkryk.  

Ons visie is om God deur voortdurende metamorfose te verheerlik.

Ons missie is om die Benoni-gemeente’n plek te maak waar lidmate in liefde toegerus, gemotiveer, gelei en geleentheid gegee word om metamorfose te ondergaan sodat elkeen se roeping uitgeleef kan word.

“Metamorfose” is ontleen aan Romeine 12: 2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

SAMESTELLING

Die gemeente bestaan uit ongeveer 775 lidmate, groot en klein.  Die lidmate wat deur Benoni-gemeente bedien word is meestal inwoners van die voorstedelike gebiede, soos Northmead, Farrarmere, Rynfield, Morehill en Atlasville (in Boksburg se stadsgrense). 

ACTONVILLE

Actonville was tydens die vorige politieke bedeling deur wetgewing afgesonder vir Kleurling- en Indiër-inwoners. Daar het jare gelede reeds hier ’n gemeente ontstaan deur die arbeid van pioniers uit Benoni gemeente se sending- en evangelisasiewerk.  Met die ontbinding van Sinode Middelande is hierdie gemeente onder KO Art 39 onder die sorg van hierdie gemeente gestel.  Hierdie lidmateword bedien as 'n wyk van diegemeente.

JEUG

Die gemeente plaas ’n hoë premie om die verbondsjeug.   Die bediening aan die jeug word nie beskou as ’n bediening los van die algemene bediening nie, maar ons wil juis die jeug begelei om die gemeente se visie en missie uit te leef (geïntegreerde jeugbediening).

Katkisasie

Die katkisasie is gerig op geloofsfvorming by die verbondskinders en word aangebied na die oggend- en jeugdienste.  Geloofsvormingsklassies word tydens die oggenddiens aangebied vir voorskoolse kinders.  

KERKRAAD

DIe gemeente word vanuit tweebene bedien: wyke en diensgroepe.  Elke wyk het 'n wyksleier (WL) en 'n aantal wyke saam vorm 'n blok. Elke blok het 'n ouderling (BO).  Die diensgroepe het elk 'n diensgroepleier (DGL) en diensgroepe in die vier bene van die gemeente word bestuur deur 'n Diensgroepouderling (DGO).  Wyksleiers en Diensgroepleiers vergader saam met hulle Blok- en Diensgroepouderlinge soos nodig, maar minstens kwaartaaliks.  Al die ouderlinge (daar is ook 'n paar tradisionele wyke) vorm die kerkraadsvergadering.


Picture
Picture
Picture
Picture

BEDIENINGS-UITGANGSPUNTE

Die volgende uitgangspunte is belangrik vir ons as gemeente:

  • 1. Ons absolute fondament is die Woord van God. Die Skrif gee alle beginsels nodig vir die kerk en sy lidmate se lewens- en wêreldbeskouing op ’n persoonlike en korporatiewe vlak.  Ons buig onvoorwaardelik voor die Woord van God.  Terselfdertyd glo ons dat die kerk funksioneer binne ’n spesifieke konteks. Ons konteks is die vroeë 21e eeu, en ons glo dat die Woord effektief en relevant aan hierdie mense in hulle konteks bedien moet word.  Ons maak graag van hedendaagse hulpmiddels gebruik om die Woord te kommunikeer (Powerpoint, Facebook, ens).

  • 2. Ons glo dat ons ’n evangeliserende (missionêre) kerk moet wees.  Ons het ’n opdrag en vreugde om die Woord uit te dra aan afvalliges en ongelowiges.  Daar is verskeie projekte waardeur ons hierdie opdrag van ons Here uitvoer. 

  • 3. Ons wil ook diens lewer, in die gemeente maar ook in die gemeenskap.  Ons wil graag die punt bereik waar ons onmisbaar is in ons omgewing deurdat ons die dienende gestalte van Christus self vertoon.

  • 4. Ons glo dat die onderlinge gemeenskap (koinonia) van kardinale belangrikheid is in ’n gemeente.  Die koinonia word op verskeie maniere bewerk, en ons gemeente bestaan uit wyke wat onder leiding van 'n wyksleier (diaken) op 'n refeelde basis byeenkom.  Die leiers word deur die predikante opgelei om leiding te neem in hulle wyke.  Daar is ’n sterk beklemtoning van die koinonia tydens die wyksbyeenkomste.

  • 5. Die laaste pilaar in ons strategie is “geestelike groei”.  Daar is natuurlik verskeie bedieningsareas waar hierdie saak aangespreek word: prediking, katkisasie, huisbesoek, pastoraal, Bybelstudies en ander. 

Kontak ons gerus hier as jy 'n navraag het

Visie

Ons visie is om God deur voortdurende metamorfose te verheerlik.

Missie

Ons missie is om die Benoni-gemeente’n plek te maak waar lidmate in liefde toegerus, gemotiveer, gelei en geleentheid gegee word om metamorfose te ondergaan sodat elkeen se roeping uitgeleef kan word.